"Die oue Wilg" deur TOTIUS [boodskap #23950] |
Ma, 14 Junie 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2174 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DIE OUE WILG
Totius
Die oue wilg
se takke het
al dae, dae lang,
vergeeld, vergaan,
in wind en kou,
armoedig neergehang.
Die flenters lê
by hope langs
die stofpad saamgewaai;
alleen die ra-
fels hang nog om
sy lede rond te swaai.
Sy mantel het
nog kort gelee
tot op die grond genaak;
by windgeroer
het dit geplooi
en sag soos sy gekraak.
Dié stasiekleed
is weg en in
die wind staan hy te kla:
‘n monnik net
wat om sy skuld
die boetekleed moet dra.
‘n Eikeboom
het takke wat,
soos uitgestrekte arme,
in wintertyd
na bo bly wys,
sterk-smekend om erbarme;
maar hier is net
gelatenheid
bo soveel prag-berowing,
en skraal geblink
van bogies na
die somerglans-verdowing.
‘n Wilgeboom,
beeld van my skuld!
So naak en uitgetoë
is ook my siel,
verarmoed en
so diep terneergeboë!
Maar tog is jy,
so kaal en in
jou groue bedeldrag,
gelyk’nis van
‘n stil geloof
en immer-hopend wag.
Jou rafels is
die harekleed
van Gods profeet, so streng,
wat by berou
beloft’nis van
herlewe weer kom breng.
En as die wind
jou rust’loos roer,
dan hoor ek hierdie spraak:
‘ Al lyk ek nou
so dubbel dood -
ek sal weer herontwaak! ’
|
|
|
Re: "Die oue wilg" deur TOTIUS [boodskap #47182 is 'n antwoord op boodskap #23950] |
So, 22 Julie 2001 16:35 |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Potchefstroom gaan rustig voort. Totius staan steeds daar.
'n Paar weke terug plek gaan bespreek vir Aardklop. Toe ontdek ek 'n
straatjie wat êrens in Europa kon wees - koffietafels buite, en baie
studente. Tot my verbasing selfs 'n winkeltjie wat (openlik)
hemp/kannabis/boom/tarzantwak neweprodukte verkoop. Ek vra die
kaftangeklede, Afrikaanse (!) meisie waarvoor die pype en "bubblies" is - en
sê sy kordaat jy kan daarmee maak wat jy wil...
Haar verbasing was groot toe ek aan haar verduidelik hoe dagga lei tot
vigs - hoogs oordraagbaar in die aanhoudingsselle wanneer jy met die middel
betrap word.
skryf in boodskap news:3B5B819F.7BDAD538@home.com...
Die oue wilg
Totius (1877-1953)
Die oue wilg
se takke het
al dae, dae lang,
vergeeld, vergaan,
in wind en kou,
armoedig neergehang.
Die flenters lê
by hope langs
die stofpad saamgewaai;
alleen die ra-
fels hang nog om
sy lede rond te swaai.
Sy mantel het
nog kort gelee
tot op die grond genaak;
by windgeroer
het dit geplooi
en sag soos sy gekraak.
Dié stasiekleed
is weg en in
die wind staan hy te kla:
'n monnik net
wat om sy skuld
die boetekleed moet dra.
'n Eikeboom
het takke wat,
soos uitgestrekte arme,
in wintertyd
na bo bly wys,
sterk-smekend om erbarme;
maar hier is net
gelatenheid
bo soveel prag-berowing,
en skraal geblink
van bogies na
die somerglans-verdowing.
o Wilgerboom,
beeld van my skuld!
So naak en uitgetoë
is ook my siel,
verarmoed en
so diep terneergeboë!
Maar tog is jy,
so kaal en in
jou groue bedeldrag,
gelyk'nis van
'n stil geloof
en immer-hopend wag.
Jou rafels is
die harekleed
van Gods profeet, so streng,
wat by berou
beloft'nis van
herlewe weer kom breng.
En as die wind
jou rust'loos roer,
dan hoor ek hierdie spraak:
"Al lyk ek nou
so dubbel dood -
ek sal weer herontwaak!"
|
|
|